Wil God – dat alle mense salig sal wees? – nie dat sommiges verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering kom?


H L J Momberg – hljmomberg@serveonline.co.za Pretoria

By die bestudering van die Bybel kom ons twee gedagtelyne tee wat op die oog af teenstrydig lyk.

Die een gedagtelyn kan verwoord word as: Ons sê dus wat die Skrif duidelik aantoon, naamlik dat God volgens sy ewige en onveranderlike raadsplan eenmaal vasgestel het wie Hy tot die saligheid wil aanneem en wie Hy aan die ander kant aan die verderf wil uitlewer (Calvyn Inst, 3.21.7)

Die ander gedagtelyn kry ons by uitsprake soos: “Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Pet 3:9) asook: “Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom (1 Tim 2: 3-4).

In sy Institusie 3.24.15, verklaar Calvyn die oënskynlike teenstryd soos volg:

15. ‘n Uitleg van Skrifverwysings wat skynbaar met hierdie leer in stryd is

Maar omdat ‘n paar Skrifaanhalings gewoonlik voorgehou word waarin God skynbaar ontken dat dit deur sy verordening gebeur dat die onregverdiges te gronde gaan, behalwe in soverre hulle hulle vrywillig die dood op die hals haal, hoewel Hy Hom daarteen verset, moet ons daardie Skrifverwysings kortliks verduidelik en aantoon dat hulle nie met die voorgaande opvatting in stryd is nie.

Uit Esegiël word aangehaal dat God nie die dood van die sondaar wil hê nie maar eerder dat hy hom moet bekeer en leef [1]. “As ons dit na die hele mensdom mag uitbrei, waarom spoor Hy dan nie baie meer mense aan om hulle te bekeer terwyl hulle gemoedere baie buigsamer is om Hom te gehoorsaam as dié van hulle wat hulle al meer en meer teen sy daaglikse uitnodigings verhard nie? Volgens die getuienis van Christus sou die verkondiging en wonderwerke van die evangelie meer vrug [2] onder die Nineviete en die Sodomiete as in Judea gedra het. Hoe gebeur dit dan dat, as dit God se wil is dat almal gered moet word, Hy nie die deur tot boetvaardigheid, vir arme mense wat meer bereid is om sy genade te ontvang, oopmaak nie?”

Hier bemerk ons dat die aanhaling met geweld verdraai word as God se wil waaraan die profeet ons herinner, teenoor sy ewige raad gestel word waarvolgens Hy die uitverkorenes van die verworpenes geskei het.[3] As ons nou na die opregte bedoeling van die profeet vra: Hy wil slegs aan diegene wat hulle bekeer hoop op vergiffenis skep. Dit kom samevattend hierop neer: ons moet nie twyfel dat God bereid is om vergiffenis te skenk sodra ‘n sondaar hom bekeer het nie. Hy wil dus eerder sy berou as sy dood hê. Die ervaring leer egter dat Hy diegene wat Hy na Hom toe nooi, so tot inkeer wil laat kom dat Hy nie almal se harte raak nie. En tog moet ons nie daarom sê dat Hy bedrieglik handel nie, want hoewel die uiterlike woord slegs diegene onverskoonbaar maak wat sy stem hoor en dit nie gehoorsaam nie, word dit nogtans waarlik as getuienis van God se genade beskou waardeur Hy mense met Hom versoen.

Laat ons derhalwe die profeet se raad in gedagte hou, naamlik dat die dood van ‘n sondaar God nie behaag nie, sodat godvrugtiges kan vertrou dat sodra hulle deur boetvaardigheid geraak is, God bereid is om hulle te vergewe, maar dat goddèlose mense ook kan voel dat hulle oortreding dubbel word, omdat hulle nie op so ‘n groot sagmoedigheid en bereidwilligheid van God antwoord nie. God se barmhartigheid sal berou dus altyd tegemoet gaan, maar sowel al die profete as die apostels en ook Esegiël self leer duidelik aan wie boetvaardigheid gegee word.[4] 130

Ten tweede word ‘n aanhaling uit Paulus aangevoer, naamlik waar hy leer dat dit God se wil is dat almal salig moet word.[5] Hoewel die rede hiervoor van die voorgaande verskil, het dit tog iets daarmee gemeen.

My antwoord daarop is dit: ten eerste word dit uit die samehang duidelik hoe Hy wil. Paulus verbind hierdie twee, naamlik dat Hy wil dat hulle salig word en dat hulle tot kennis van die waarheid kom. As hulle bedoel dat dit deur God se ewige raadsplan vasgestel is dat hulle die leer van saligheid moet ontvang, wat beteken Moses se verklaring dan wanneer hy sê: “Watter nasie is so voortreflik dat God hulle nader soos Hy jou nader?”[6]

Hoe het dit gebeur dat God baie volke die lig van die evangelie ontneem het terwyl ander nasies dit geniet het? Hoe het dit gebeur dat suiwere kennis van die leer van godsvrug nooit by sekere mense uitgekom het nie en dat ander skaars aan sekere vae grondbeginsels daarvan geproe het? Hieruit is dit nou voor die hand liggend om af te lei waarop Paulus mik. Hy het aan Timoteus voorgeskryf dat hy in die kerk plegtige gebede vir konings en vorste moet doen.

Aangesien dit egter ietwat ongerymd sou lyk dat gebede voor God uitgestort word vir mense vir wie daar amper geen hoop meer bestaan nie – want hulle was nie alleen almal vreemd aan die liggaam van Christus nie,[7] maar hulle het hulle ook met al hulle kragte ingespan om sy koninkryk te onderdruk, het hy bygevoeg dat dit God behaag het omdat Hy wil dat alle mense salig moet word.[8] Daarmee dui hy hoegenaamd niks anders aan as dat Hy vir geen groep mense die weg tot hulle saligheid gesluit het nie. Ja, hy gee eerder te kenne dat Hy sy barmhartigheid so uitgestort het dat Hy wil dat niemand daarsonder sal wees nie.

Ander uitsprake verklaar nie wat die Here in sy verborge raadsplan oor alle mense besluit het nie, maar verkondig dat vergiffenis vir alle sondaars gereed is mits hulle hulle maar bekeer om daarna te soek. Want as hulle halsstarriger daarop aandring dat daar gesê word dat Hy Hom oor almal wil ontferm, sal ek daarteen opper wat elders geskryf is, naamlik dat ons God in die hemel is waar Hy doen wat Hy wil.[9] Hierdie woorde moet dus so vertolk word dat dit met ‘n tweede uitspraak ooreenstem, naamlik: “Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My sal ontferm”.[10] Hy wat diegene uitkies aan wie Hy barmhartigheid moet betoon, stel dit nie tot beskikking van almal nie. Maar wanneer dit duidelik blyk dat dit daar nie oor mense afsonderlik handel nie maar oor groepe mense, moet ons ‘n baie lang bespreking daarvan laat vaar. Tegelyk moet ons egter daarop let dat Paulus nie verklaar wat God altyd en oral en in alle mense doen nie, maar dat hy dit vir Hom vrylaat om uiteindelik konings en vorste deelgenote in die hemelse leer te maak al sou hulle ook vanweë hulle blindheid daarteen tier.

Dit lyk vir hulle asof hulle baie kwaaier druk op ons uitoefen deur ons ‘n aanhaling uit Petrus teen te werp, naamlik dat God wil dat niemand verlore moet gaan nie maar dat Hy almal tot berou wil ontvang.[11] Maar die oplossing van die probleem kom reeds spoedig in die tweede deel daarvan voor, want onder die wil om tot boetvaardigheid te ontvang kan nie iets anders verstaan word as wat oral in die Skrif geleer word nie. Bekering is in elk geval in God se hand. Vra Hom dan of Hy almal wil be- keer wanneer Hy beloof dat Hy aan sekeres ‘n hart van vleis sal gee en vir ander ‘n hart van klip sal laat.[12] Dit is wel waar dat, as Hy nie bereid sou wees om diegene te ontvang wat Hom om sy barmhartigheid aanroep nie, daardie hele uitspraak ineenstort: “Keer terug na My en Ek sal na julle terugkeer”.[13] Ek sê egter dat geen sterflike mens tot God nader nie tensy hy van Godsweë voorgegaan word nie. Maar as boetvaardigheid in die mens se goeddunke was, sou Paulus nie gesê het: “As Hy miskien aan hulle berou sou gee” nie.[14] 140 Ja, as dieselfde God wat almal deur sy Woord tot berou aanspoor, die uitverkorenes nie deur die verborge prikkel van die Gees daartoe sou bring nie, sou Jeremia nie gesê het nie: “Bekeer my, Here, en ek sal bekeer word, want toe U my bekeer het, het ek berou gehad”.[15]

Ter samevatting:

In lyn met Christus se sendingopdrag in Mat 28 dat die evangelie na alle nasies toe uitgedra moet word, beteken dit nog nie dat daarom al die burgers van daardie nasies dus dissipels gaan wees nie, maar dit beteken dat God se gewilligheid en sy genade soveel uitstrek dat sy evangelie alle mense moet bereik, naamlik sodat almal wat tot bekering kom gered sal word.

Ons moet dus die absolute terme (alles/almal/niks/niemand) wat in die Bybelse taalwerk voorkom altyd steeds weer gekwalifiseer verstaan – naamlik soos wat die konteks waarin dit voorkom dit nader verklaar.

Verwysings:

1 Marg. Ezech. 34.c.ll (recte: Eseg. 33:11). Vgl. o.a. Pighius, De /ib. arb. fo. 92a en Calvyn se verwysing na Castellio se vertolking van Eseg. 18:32 in sy Calumniae nebulonis cuiusdam (OC 9:292).

2 Marg. Matth. 13.c.23 (recte: Matt. 11:23)

3 Bernardus behandel hierdie aspek in ‘n preek oor Christus se geboorte. Sy bespreking daarvan gaan uit van Rom. 9:18 en Eseg. 18:32 (MPL 182:128 e.v.).

4 Na aanleiding van die indeling in die 1561-uitgawe van die lnstitusievoeg die redakteurs van OC en OS hier ‘n nuwe afdeling 16 in. Dat dit ongegrond is, blyk uit die Franse uitgawe van 1560, wat die- selfde patroon as die Larynse 1559-uitgawe volg; vgl. Benoit 3:468. Ons behou dus die res van

hierdie afdeling as deel van afdeling 15.

5 Marg. 1. Tim. 2.a.4. Vgl. OC 52:268 – 269; Pighius, De lib. arb. 9, fo. 160b, Calvyn se klag teen Bolsec, Congrégationjaite en l’eglise de Genève, (OC 8:112) syverdediging teen Georgius Siculus in sy De aeterna Dei praedest. (OC 8:336 e.v.) en sy weerlegging van verkeerde vertolkings van hierdie Skrifgedeelte in sy Catumniae nebulonis cuiusdam (aC 9:292 e.v.); en ook Melanchthon, Loci com. 1543 (CR 21:452,915).

6 Marg. Deut. 4. b. 7. OAV:Want watter groot nasie het gode wat vir hulle sa naby is soos die Here onse God so dikwels as ons Hom aanroep? NAV:Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid?

7 Fr. 1541 e.v.: veu que non seulement ils estoyent hors de la compagnie des fidèles (Benoit 3:469).

8 Vgl. 1 Tim. 2:3 e.v.

9 Marg. Psal. 115.a.3.

10 Marg. Exod. 33.d.19.

11 Vgl. 2 Pet. 3:9. Die OAV het dat almal tot ‘bekering’ moet kom en die NAV: Hy wil hê dat almal hulle moet ‘bekeer’ in plaas van Calvyn se ‘berou.’

12 Marg. Ezech. 36/26.

13 Marg. Zach. I.a.3. Vgl. Pighius, De lib. arb. 6, fo. 91a en Calvyn se Calumniae nebulonis cuiusdam (Oe 9:292).

14 Marg. 2. Tim. 2.d.25. Vgl. oe 52:374 – 375.

15 Marg. [ere. 31.c.18. Vgl. ook vers 19.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.