Waar die GKSA die pad van Dordrecht verlaat het


H L J  Momberg – hljmomberg@mweb.co.za

Pretoria

In ‘n vergelykende tabel wat opgestel is tussen die Kerkordes van Dordrecht 1619 en die GKSA 2000 het dit aan die lig gekom:

  • dat daar ‘n oorgrote aantal artikels is wat in hierdie vergelyking wesentlik dieselfde of per implikasie dieselfde is;
  • dat daar sommige artikels is waarvan die verskil hoofsaaklik handel oor die unieke verhouding met die owerhede van destyds wat vandag nie meer die geval is nie; daardie aspekte van Dordt kan gemaklik gewoon weggesny word omdat dit nie meer van toepassing is nie.
  • Dan is daar sekere artikels waar die verskil wesentlik of per implikasie sodanig drasties is dat dit ‘n radikale effek gehad het en steeds het op die kerkregering in die praktyk.

In hierdie aanbieding is dit die bedoeling om nie alleen die wysiging in die kerkregering betreffende die laasgenoemde artikels te bespreek nie,  maar ook aan te toon hoedat hierdie gewysigde kerkregering mede-oorsaak is dat sekere spesifieke besluite en praktyke  tot deformasie in die GKSA aanleiding gegee het.

  1. Tweede aantal verskille handel oor die afdeling van die vergaderings.

 2.1 Die verskil in hierdie afdeling betrek die Agenda asook die Besluitnemingswyse by kerklike vergaderings ooreenkomstig artikels 30 en 31

Die onderskeie weergawes van Dordt 1619 en die GKSA 2000 se Artikels 30 en 31 lui soos volg:

Dordt 1619 GKSA 2000

Artikel 30

In hierdie vergaderings sal niks anders nie as kerklike sake, en hulle op kerklike wyse behandel word. In meerdere vergaderings sal nie oor sake gehandel word anders as daardie wat nie in mindere vergaderings afgehandel kan word nie, of daardie sake wat tot die kerke van die meerdere vergadering gemeenskaplik behoort.

Artikel 30

Kerklike vergaderings moet alleen kerklike sake en dit op kerklike wyse behandel. Op meerdere vergaderings moet alleen sake behandel word wat nie in mindere vergaderings afgehandel kan word nie of sake wat by die meerdere vergaderings tuishoort.

Artikel 31

Indien iemand ‘n klagte het dat hy deur die uitspraak van die mindere vergadering verongelyk is, mag hy hom op ‘n meerdere kerklike vergadering beroep; en wat dan deur die meeste stemme goedgevind word, sal vir vas en bindend gehou word, tensy dit bewys kan word dat dit stry teen die Woord van God, of teen die artikels wat in hierdie algemene sinode besluit is Indien hulle nie  deur ‘n ander algemene sinode verander is nie.

Artikel 31

Wat op ’n kerklike vergadering met meerderheid van stemme besluit is, moet as vas en bindend beskou word, tensy bewys word dat dit in stryd is met Gods Woord of die artikels van die Kerkorde. As iemand egter ’n klagte het dat hy deur die uitspraak van die mindere vergadering verongelyk is, kan hy hom op ’n meerdere vergadering beroep.

Bespreking

2.1.1 ‘n Eerste opmerklike verskil by artikel 30 is die negatiewe of afwysende spreekwyse van Dordt terwyl die GKSA as’t ware dieselfde saak in ‘n positiewe ordening stel.  Waar die GKSA eenvoudig positief reel wat waar tuishoort en hoe dit behandel word,  is Dordt uitdruklik INPERKEND.

Die pertinente inperkende reeling vir sake by kerklike vergaderings behels i.t.v. art 30 die volgende:

  • Eerste inperking: In hierdie vergaderings sal niks anders nie as kerklike sake, …. behandel word.
    • Teenoor byvoorbeeld politieke, sosiale, kulturele, militere, ekonomiese tipe besluite wat wesentlik tuishoort by hulle onderskeie besluitnemingsorgane en nie by die kerk nie.
    • Kerklike sake – wat die inhoud van ons geloof, die uitlewing van die lidmate se geloofsverhouding tot God, die betekenis van die Woord van God, die verdediging van die ware leer teenoor die dwalinge, die inrigting en versorging van die gemeentes behels. Dit verteenwoordig dus slegs sulke sake wat in en deur die plaaslike gemeente/s i.t.v. die leer/woorddiens, diens/liturgie en kerkregering/tug uitgevoer en deurgevoer kan en moet word.
    • Agendas moet dus sorgvuldig vir ontvanklikheid deurgegaan en getoets word om seker te maak dat sake wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie, nie behandel word nie.
    • Meerdere vergaderings moet dus daarteen waak om sake te behandel:
      • wat politieke beleid vir die owerhede suggereer
        • en anders-om – wat deur tendense vanuit politieke geledere op kerke aansprake wil maak..
      • wat gedrag vir kulturele, sosiale en ekonomiese liggame suggereer
        • en anders-om – wat deur populere tendense van die samelewing, aansprake wil maak op die inhoud van die prediking, leerplanne vir opleiding van lidmate en ampsdraers en dissipline van lidmate..
    • Tweede inperking: In hierdie vergaderings sal niks anders nie as kerklike sake, en hulle op kerklike wyse behandel word.
      • In die kerke geld die seggenskap van die Woord van God kragtens ons belydenis NGB art 7 absoluut..
      • Daarom behels die behandeling van enige saak
        • eerstens die noukeurige vasstelling van wat die Woord van God daaroor se
        • en instemming/onderwerping van almal onder die uispraak van die Woord.
          • 1Pet 1: 10 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, 11 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. 12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
          • Hand 16: 4 En op hulle reis deur die stede het hulle die verordeninge wat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou.
          • Hand 17: 10 Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan. 11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. 12 Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.
          • Hand 15: 6 En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.
             7 En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. 8 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. 9 En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. 10 Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie? 11 Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.
             12 En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.
             13 En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my! 14 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. 15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 16 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, 17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. 18 Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend. 19 Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, 20 maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed. 21 Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word. 22 Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was. 23 En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete! 24 Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou, 25 het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus— 26 manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus. 27 Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring. 28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: 29 dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!
        • Buiten die naspreke van die Woord van God, het kerklike vergaderings NIKS anders, NIKS minder en NIKS meer te se nie.
        • Dit is uit hierdie en vele ander aansluitende Skrifdele duidelik dat die wyse waarop besluite geneem is nie dieselfde is as hoe politieke vergaderings besluite neem gebaseer op die mening van ‘n outokraat, of ‘n demokratiese stemming of die mees populere siening nie,
          • of om dit uit te druk in terme van die NGB art 7: Die volkomenheid van die Heilige Skrif: Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie – ja, al was dit ook ‘n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal. 1:8). En aangesien dit verbode is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deut. 12:32), blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is. Ons mag ook geen geskrifte van mense, hoe heilig die mense ook al was, met die Goddelike Skrif gelykstel nie; ook mag ons nie die gewoonte of die groot getalle of oudheid of opvolging van tye of van persone of kerkvergaderings, verordeninge of besluite met dié waarheid van God gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Ps. 62:10). Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê: ‘…maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is’ (1 Joh. 4: 1), en: ‘As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie…’ (2 Joh. :10).  2 Tim. 3:17; 1 Pet. 1:11-12; Spr. 30:6; Gal. 3:15; Op. 22:18; 1 Tim. 1:3; Gal. 1:8-11; 1 Kor. 15:2; Hand. 26:22; Rom. 15:4; Hand. 18:28-29; 1 Pet. 4; Luk. 11:13; 2 Tim. 3:24; 2. Tim. 1:13; Kol. 2:8; Hand. 4:19; Joh. 3:13; 2 Pet. 2:16; Joh. 15:15; 1 Joh. 1:5; Hand. 20:27; 2 Joh. 1; Joh. 4:25; Deut. 12:32; Heb. 8:9; Matt. 15:3; 17:5; Mark. 7:7; Jes. 1:12; Hand. 1:21; Rom. 3:4; Jes. 8:20; 2 Tim. 4:(3); 1 Kor. 1:13; 2:4; 3:11; 1 Pet. 5:12; 2 Tess. 2:2; Ps. 12:7; 19:8-9, 12; Deut. 4:6; 6:9,. Ef. 4:5; Joh. 5; Kol. 1:16, 18; 1 Kor. 8:6.
          • en in aansluiting hierby in besonder vir die kerkregering in terme van die NGB Artikel 32: Die orde en tug van die kerk: “Ons glo verder dat die regeerders van die kerk, al is dit nuttig en goed om onder mekaar ‘n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, tog noukeurig moet oppas om nie af te wyk van wat Christus, ons enigste Meester, vir ons ingestel het nie.  En daarom verwerp ons alle menslike versinsels en alle wette wat mense sou wil invoer om God te dien en om, op watter manier ook al, die gewetens daardeur te bind en te dwing. Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder en om alles in gehoorsaamheid aan God te onderhou. Daarvoor is nodig die ban en alles wat daarmee saamhang, toegepas ooreenkomstig die Woord van God. 1 Kor. 7:57; Kol. 2:6-7; Matt. 15:9; Jes. 29:13; Gal. 5:1; Rom. 16:17-18; Matt. 18:17; 1 Kor. 5:5; 1 Tim. 1:20.
        • Waarom word afgevaardigdes na kerklike vergaderings dan ‘met keurstem’ na hierdie vergaderings toe gestuur?
          • Artikel 33 van die KO van Dordt stel: “Die wat na die meerdere vergaderings gestuur word, sal hulle krediensiebriewe en opdragte, onderteken deur diegene wat hulle stuur, saambring; en hulle alleen sal keurstem hê.”
          • Eweneens stel Artikel 42 van Dordt: “Waar in ‘n plek/kerk meer as een predikant is, mag hulle almal die klassis bywoon en keurstemme hê, behalwe in sake, wat hulle persone of kerke in die besonder aangaan.”
          • Die verleiding bestaan dat Dordt met hierdie bepalings ‘n demokratiese praktyk van besluitneming aanvaar het waarvolgens afgevaardigdes se ‘keurstemme’ bepaal het HOE besluite geneem sou word. Dit is egter nie korrek nie.
            • Prof Bouwman skrywe in sy deel 2: Hoe moeten dan de besluiten eener kerkelijke vergadering genomen worden? 31 zegt: „’t geen door de meeste stemmen goedgevonden is, zal voor vast en bondig gehouden worden”. De meerderheid beslist. Dit beginsel werd reeds in 1571 vastgesteld. In c. III, Art. 3 werd bepaald:
              • De president zal elke zaak bijzonder ordentelijk voorstellen, en der gansche verzamelinge oordeel, daar op behoorende, en die keurstemmen verzamelen, met verklaringe welke het gevoelen zij van den meesten en van den besten deele;
              • hetzelve zal de Schryver schriftelijk vervatten, en vervat hebbende, klaarlyk lezen, opdat het met genieene bewilliging bestendigt worde.”
              • De zaak werd dus
                • eerst in discussie gebracht,
                • daarop werd gestemd,
                • de meerderheid gaf de beslissing
                • en de minderheid legde er zich bij neer,
                • zoodat aan het slot van het artikel kan gezegd worden, dat het besluit met algemeene stemmen was aangenomen (Lat. ut omnium calculis probetur).
              • Verder skryf hy: Men wilde de minderheid niet overstemmen. Indien een minderheid tegen een voorstel gestemd had, trachtte men die minderheid te bewegen, zich naar het gevoelen der meerderheid te conformeeren.  Zich conformeeren beteekent: zich voegen naar iemands gevoelen, naar het besluit van eene vergadering, zulk een besluit goedvinden en zich daarnaar gedragen.
                • Indien er een minderheid is, die niet met het besluit eener vergadering kan meegaan, dan behooren zij daarvoor hunne gronden aan te geven.
                • Blijkt het dat hun bezwaar niet van overwegende beteekenis is, dan zal het den tegenstemmers niet moeilijk vallen zich te conformeeren.
                • Is het een ernstig bezwaar, dan moet de meerderheid trachten hen tot andere gedachten te brengen, opdat zij met het besluit kunnen instemmen, en het dus met algemeene stemmen is aangenomen.
                • Is het bezwaar van zeer ernstigen aard, dan kan het geraden zijn het genomen besluit niet uit te voeren,
                • of indien het bezwaarlijk is een bepaald besluit niet uit te voeren, kan het in iemand gedragen worden, op zulk eene wijze, dat iemand niet gedwongen wordt iets te doen of te beloven wat hij voor God in zijne conscientie niet kan doen of beloven, mits hij zich niet openlijk of in het verborgen tegen de kerkelijke besluiten verzet (Voetius, Pol. Eccl. IV. 178 ).
              • Een meerdere vergadering moet dus met beleid en vastheid geregeerd worden.
                • Als er ernstig verschil van gevoelen is, moeten de stemmen wel worden gewogen of het met het oog op het welzijn der kerken wenschelijk is, door te gaan met de uitvoering van het besluit, en
                • als de vergadering zich heeft beraden, en getracht de bezwaren te ondervangen, zal men „besluiten, bij welk besluit een iegelijk schuldig zal zijn na te komen.”
              • De regel is en moet zijn, dat allen zich houden aan wat in eene vergadering met de meeste stemmen is vastgesteld. Slechts in twee gevallen verliest het besluit zijne geldigheid, namelijk wanneer het bewezen worde te strijden
                • tegen het Woord Gods,
                • of tegen de artikelen in de Generale Synode genomen, zoolang deze niet door een andere Generale Synode zijn veranderd.
              • Deze bepaling is ten deele in 1578 en voor het tweede deel in 1581 in de kerkenordening opgenomen, en in de volgende redacties overgenomen. Gods Woord bindt absoluut. Wanneer een besluit in strijd is met Gods Woord, mocht het niet worden genomen, en genomen zijnde mag het niet worden uitgevoerd. Maar dat moet bewezen worden. Het mag maar niet een voorwendsel zijn, maar een ernstig opkomen voor Gods Woord.
  • As samevatting van wat Prof Bouwman skryf kan gestel word:
    • Besluitneming by kerklike vergaderings is niks anders nie as die gehoorsame onderwerping aan die Heilige Gees volgens die Skrif nie.
    • Om na deeglike bespreking vas te stel hoedanige duidelikheid daar by ‘n vergadering is wat die Bybelse antwoord oor ‘n bepaalde saak is, maak die vergadering van ‘n stemproses gebruik om die ‘gevoele’ te toets.
    • Dat die keurstemme van afgevaardigdes nie bedoel is om die ‘mag’ vir besluitneming outonoom in mensehande te begewe nie, maar om vas te stel of daar uit die ondersoeke en bespreking duidelikheid is oor wat die Woord van God oor die gestelde sake gee.
    • Stemming en meerderheid van stemme was dus gebruik om gevoele te toets waarna konformasie van almal gevra was om besluite eenparig te laat wees.
    • Wanneer ‘n minderheid nie met die meerderheid saamgestem het nie, mog hulle nie soos in ‘n demokratiese proses ‘oorstem’ word nie,  maar met die Woord oorreed word of van hulle vereis word om die vergadering met die Woord te oorreed.
    • Dat geen besluitnemingsproses die bedoeling het of die vermoee mag he om die beginsel van die NGB art 7 en art 30 te verswak nie.
  • Derde inperking: In meerdere vergaderings sal nie oor sake gehandel word anders as – daardie wat nie in mindere vergaderings afgehandel kan word nie
    • Dit was sedert die vroegste tye na die Reformasie gebruik om die kerkraad as die enigste permanente gevestigde vergadering te erken waar sake oor die leer en lewe van die lidmate en die gemeente behartig moet word. Naas die kerkraad is die enigste hulpbiedende meerdere vergadering die klassis waar praktiese aangeleenthede oor die wel en wee van elke gemeente met visitasie en rondvra of adviesvrae asook oor die afhandeling van tugsake hanteer word. Daar hoef geen twyfel te wees dat die kerkraad en die klassis die belangrikste kerklike vergaderings is nie.  Dit is in hierdie twee soorte vergaderings dat sorg onderling onderneem word.  By die streeksinode asook die Nasionale of Algemene sinodes hoort as’t ware slegs leerstellige sake (belydenis), kerkorde  en appelle wat nie in die mindere vergaderings afgehandel kon word nie – soos wat die optrede van die gemeente van Antiochie met die stuur van deputate na die Apostels en ouderlinge van Jerusalem (Hand 15) ons die voorbeeld gee.
      • Voetius in sy Eccl. I. 122; IV. 166, 226, aangehaal deur Bouwman in sy deel 2, p 22 het reeds opgemerk: Er is dus een principieel verschil tusschen de macht van den kerkeraad en die van de meerdere vergaderingen:
        • in oorsprong, omdat de synoden en de classen geen macht bezitten, dan die door de plaatselijke kerken naar de vastgestelde orde aan haar is overgedragen;
        • in wezen, omdat de plaatselijke kerk eigen en wezenlijke macht bezit, en de classen en synoden ontleende en accidenteele macht bezitten;
        • in duur, omdat de kerkeraad permanent is en blijft bestaan tijdens en na de samenkomsten der meerdere vergaderingen, terwijl de classes en de synoden slechts tijdelijk vergaderen, en daarna ophouden te bestaan;
        • in doel, omdat de kerkeraad tot taak heeft de voortdurende leiding der plaatselijke kerk, en dus niet bestaat terwille van de meerdere vergaderingen, maar de meerdere vergaderingen bestaan terwille van het welzijn der kerken, om deze met raad en leiding te dienen.
  • Verder stel prof Bouwman:
    • Dit beginsel werd door de oudste Nederlandsche synoden reeds vastgesteld. Er werd te Emden bepaald
      • voor de classen: „Zoo daar iet in eenige kerke der Classis geschiede, dat daar niet in de consistorie konde terneder gelegt worden, dat zal in de classische samenkomsten verhandelt en geoordeelt worden, van den welke men zig tot den Provincialen Synodum zal mogen beroepen”.
      • En in het hoofdstuk van de Provinciale synode wordt gezegd: „zij en zullen ook geene andere (puncten) stellen, dan die in de consistoriën en classische samenkomsten niet hebben konnen uitgevoert worden”.
      • En van de synoden heet het: „Hetzelve dat voorschreeven is, zal ook in den Algemeenen Synodo onderhouden worden”, betreffende „de Leer, het Kerkregiment, en byzondere zaaken, die in de Provinciale ’t samenkomsten niet hebben kunnen uitgevoert ofte geëindigt worden”.
      • De synode van Dordrecht, 1578, heeft al deze bepalingen in één artikel samengevat: „Men sal gheene saken tot grooter versamelinghen brenghen dan die in den minderen niet en hebben konnen afghehandelt worden, ofte die de Kercken in het ghemeyne aengaen”.
      • In 1581, Art. 22, werd deze bepaling in den huidigen vorm gegoten.
  • Die Gereformeerdes het hierdie bepaling tereg teenoor Rome en alle vorme van sinodalisme wat later sou volg reeds as ‘n beginsel uitgespreek
    • om eerstens te voorkom dat die reg en die selfstandigheid van die plaaslike kerk en van die mindere vergaderings aangetas sou word en
    • tweedens om ‘n oligargie, ‘n regering van enkele mense in die kerk of ‘n monargie, soos by die Roomse kerk, af te sny,
    • terwyl wanneer allerlei sake van die mindere vergaderings sonder noodsaak op die meerdere vergaderings gebring sou word, hierdie vergaderings oorlaai sou word (Acta Emden, c. III. 1).
  • Voetius het reeds hiervan geskryf (Pol. Eccl. IV. 204; cf. IV. 210) : „Onze kerkenordeningen waken zeer behoedzaam, dat er niets in de synode wordt behandeld, dan wat in de kerkeraden en classen niet kon afgehandeld en voleindigd worden. Want indien het anders geschiedde, zou er een wanordelijke toestand ontstaan en zoude de werkzaamheid der synoden tot in het oneindige uitgerekt worden, zelfs zou er dan een oligarchie, en zoo eindelijk een kerkelijke monarchie worden ingevoerd, zooals geschied is in het pausdom, waar, na de opheffing van de wettelijke macht en vrijheid der kerken, alles tot een zekere nabootsing van den kerkeraad, namelijk van een soort Roomschen kerkeraad van kardinalen, of van een bisschoppelijk kapittel of van een vergadering van stemgerechtigde bisschoppen met haar aartsbisschop, ja zelfs tot den paus en de bisschoppen toe, als virtueele kerken met geweld doorgetrokken is.
  • Maar helaas, die toepassing hiervan het in die geskiedenis van die GKSA met verloop van tyd al hoe meer begin neig na tendense van sinodokrasie wat maatreels neem wat die taak en verantwoordelikheid van die plaaslike gemeente oorneem, byvoorbeeld permanente sinodale deputate aanstel vir:
    • Die voortgesette opstel van kategese literatuur vir al die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Die organisering van jeugkampe vir al die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Die opleiding van ampsdraers vir al die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Die uitstuur en versorging van sendelinge, sending en evangelisasie namens die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Getuienislewering aan buite-instansies en die owerheid namens die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Buite-kerklike instansies wat die Bybel vertaal en versprei namens die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Buite-kerklike instansies wat kerklike finansies bestuur ten behoewe van die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Aankoop en bestuur van kerklike eiendomme vir al die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Skakeling met kerke in die buiteland namens al die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Skakeling met sekulere instansies – namens al die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Vestiging en instandhouding van instansies, of tehuise vir opleiding, opvoeding en barmhartigheid namens die kerke – die taak hiervan hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
    • Die instelling van ramings vir al bogenoemde sake waartoe alle gemeentes teen ‘n bedrag per belydende lidmaat geraam/belas word sodat bogenoemde sake vanaf een sentrale instituut met behulp van permanente sinodale deputate namens al die kerke finansieel bestuur word –  die taak en diskresie vir finansiele bydrae aan sodanige sake hoort binne die instemming met die 3 Formuliere van Enigheid en die bepalings van die kerkorde by die plaaslike gemeente.
  • Vierde inperking: In meerdere vergaderings sal nie oor sake gehandel word anders as …. of daardie sake wat tot die kerke van die meerdere vergadering gemeenskaplik behoort nie.
    • Christus het aan die plaaslike kerk die volledige kerklike mag verleen om die woord en sakramentsbediening asook die kerklike tug te behartig, iets wat nie na die klassis of sinodes toe oorgedra kan word nie.
    • Verder: Ook die regeermag kan nie ten volle aan die meerdere vergaderings oorgedra word nie.
      • Die leiding van die plaaslike kerk en die versorging van die lidmate bly altyd in die hande van die kerkraad.
      • Die verkiesing van ampsdraers is die onvervreembare besit van die plaaslike gemeente.
      • Die kerke vergader wel saam met mekaar in die klassis oor die eksaminering en approbasie van ‘n Woordbedienaar, omdat hierdie amp betekenis het vir al die kerke wat saam met mekaar in verband leef en dus die kerke gesamentlik verantwoordelikheid dra om toesig te hou oor die geskiktheid van die Woordbedienaars en die suiwerheid van die leer, maar die eintlike verkiesing tot die amp moet volgens Gods Woord deur die plaaslike gemeente geskied.
      • In plekke waar nog nie ‘n kerk institueer is nie, en nog ‘n kerkraad ingestel moet word, gee die klassis leiding,  en steeds gaan die roeping tot die amp van die plaaslike gemeente uit.  Geen enkele meerdere vergadering het die bevoegdheid om ‘n bedienaar vir ‘n gemeente te stuur, soos wat die Roomse biskop ‘n priester vir ‘n bepaalde standplaas aanwys nie.
    • Diedelfde geld vir die uitoefening van die tug.
      • Ons kerkorde gee wel in bepaalde gevalle medeseggenskap aan meerdere vergaderings in bepaalde gevalle van tugoefening.
        • Geen lidmaat mag afgesny, geskors of afgesit word sonder die advies van die klassis nie.
        • Geen ouderling of diaken mag geskors of afgesit word sonder die medewerking van ‘n naburige kerk of afgevaardigdes van twee naburige kerke nie.
        • Geen Woordbedienaar kan afgesit word sonder die oordeel van die Klassis en advies van die deputate van die partikuliere sinode nie, en tog.. steeds voer hierdie meerdere vergaderings hierdie mag nie uit kragtens ‘n bevoegdheid wat in hulleself is nie, maar omdat dit aan hulle oorgedra is.
      • Dus: ‘n Meerdere vergadering kan dus wel ‘n beslissing maak om iemand af te sit of te ekskomunikeer, maar die uitvoering daarvan word aan die plaaslike kerk toevertrou.
    • Die omvang van sake wat op die meerdere vergaderings behandel moet word,  is dus beperk.  30 stel: In hierdie vergaderings sal niks anders nie as kerklike sake, en hulle op kerklike wyse behandel word. In meerdere vergaderings sal nie oor sake gehandel word anders as daardie wat nie in mindere vergaderings afgehandel kan word nie, of daardie sake wat tot die kerke van die meerdere vergadering gemeenskaplik behoort.
      • Hiermee word die selfstandigheid en die vryheid van die plaaslike kerk verseker en terselfdertyd word die bevoegdheid van die meerdere vergaderings afgebaken tot wat daar tuishoort. Die vraag is dus: wat is noujuis daardie sake wat tot die kerke van die meerdere vergadering gemeenskaplik behoort? Hierop het prof Bouwman deeglik geantwoord (in sy deel 2 p 38 e.v.):
        • Welke zijn nu de zaken, die tot de kerken der meerdere vergaderingen in het gemeen behooren? In het algemeen kan men hierop antwoorden, dat het die zaken zijn, die de kerken in gemeenschap met elkander hebben bepaald en (1) die de gemeenschap der kerken en (2) de handhaving van de beginselen van Gods Woord, (3) de Belijdenis en (4) de Kerkenordening raken. Hieronder vallen de regelen betreffende de leer, dienst en tucht der kerken, de opleiding tot den dienst des Woords, de zending, de liturgie, enz. De kerken in Synode vergaderd moeten niet alles tot in de kleinste bijzonderheden willen regelen, maar zeer veel aan de vrijheid der particuliere kerken overlaten, opdat deze zelfstandig hare roeping als kerken naar het Woord Gods kunnen volbrengen, maar de plaatselijke kerken mogen van die vrijheid niet willekeurig gebruik maken, en niet in strijd handelen met de algemeene regelen door de kerken in gemeenschap met elkander gesteld.
        • In navolging van de Ordonnances Ecclésiastiques van Calvijn hebben de Gereformeerde kerken dan ook een reeks van bepalingen gemaakt, die ook het leven der plaatselijke kerk raken.
          • In de Kerkenordening van de Gereformeerde kerken in Nederland is bepaald, welke diensten er in de plaatselijke kerk moeten zijn (Art. 2),
          • dat niemand zonder eene wettelijke roeping in den dienst der kerk mag optreden (Art. 3),
          • hoe de wettelijke roeping tot stand komt, en welke weg moet worden gevolgd bij de roeping eens dienaars naar eene andere gemeente (Art. 4, 5),
          • op welke wijze de dienst in de gasthuizen moet geregeld worden (Art. 6),
          • hoe de verzorging van een dienaar des Woords en van een emeritus behoort te geschieden (Art. 11, 13),
          • op welke wijze de verkiezing van ouderlingen en diakenen zal plaats hebben, hoe lang zij hebben te dienen, en welke het ambt der ouderlingen en diakenen zal zijn (Art. 22-27).
          • In het tweede hoofdstuk over de kerkelijke vergaderingen wordt bepaald wanneer de kerkeraadsvergaderingen moeten worden gehouden, en de wijze waarop zij behooren te worden bestuurd.
          • Ook wordt geregeld, dat in kleine kerken de diakenen tot den kerkeraad kunnen genomen worden en dat dit moet, wanneer het getal der ouderlingen minder is dan drie (Art. 37, 38).
          • Ook wordt een regel gesteld voor de vergadering der diakenen (Art. 40).
          • In het derde hoofdstuk wordt voorgeschreven, dat ook de ouderlingen en de diakenen evenals de predikanten de belijdenis zullen onderteekenen (Art. 54),
          • dat de kinderen zoo spoedig mogelijk gedoopt moeten worden in de openbare vergadering der gemeente, waar Gods Woord wordt bediend (Art. 56),
          • en dat de ouders hunne kinderen ten doop moeten presenteeren (Art. 57).
          • Bepaald wordt wie ten Avondmaal mogen worden toegelaten, waar, hoe en hoe dikwijls de bediening van het Avondmaal zal zijn (Art. 61-64),
          • welke psalmen en gezangen zullen worden gezongen in den dienst (Art. 69),
          • dat het huwelijk voor de gemeente dient bevestigd te worden volgens het daarvoor vastgestelde formulier (Art. 70).
          • En wat de kerkelijke tucht aangaat is een reeks van bepalingen voorgeschreven hoe de tuchtoefening dient te geschieden, en
          • welke de zonden zijn, die den dienaar des Woords schorsing of afzetting van den dienst waardig maken.
          • Allerlei bepalingen staan in de kerkenordening, die ook het innerlijke leven der gemeente regelen.
        • Hieruit zien wij dat de kerken in hare kerkenordening de woorden: „dat tot de kerken der meerdere vergadering in ’t gemeen behoort” niet alzoo hebben opgevat alsof alleen die zaken op de meerdere vergaderingen mogen worden behandeld, die alle kerken gemeenschappelijk of gezamenlijk aangaan, maar dat ook vallen onder de zaken, die tot de meerdere vergaderingen in ’t gemeen behooren, de zoodanige die (a) voor den geestelijken welstand van alle kerken, (b) voor de handhaving der heerschappij van Christus en Zijn Woord in de kerk, en (c) voor de orde eener plaatselijke kerk en de goede samenbinding en overeenstemming der kerken onderling noodig zijn, gelijk het convent van Wezel verklaarde: „De apostel Paulus schrijft voor, dat in de kerke Gods alle dingen betamelijk en met orde moeten geschieden, opdat niet alleen (a) in de leer, maar ook (b) in de orde zelve en (c) de kerkelijke regeering van het ambt een eenparige overeenstemming van de kerk vaststa en onderhouden worde.” Om die reden kan ook eene kerk geen nieuwigheden invoeren, die op een of andere wijze de kerken in het verband raken. Wel mag en moet elke plaatselijke kerk er naar streven, haar eigen kerkelijk leven tot een hoog peil op te voeren, maar zoodra zij regelen zou willen invoeren, die van beteekenis zijn voor heel de kerk, of ingrijpende veranderingen zou willen invoeren in die dingen, welke geregeld zijn in de orde der kerken, dan behoort zij naar den regel, die altoos in de Gereformeerde kerken is gevolgd, het oordeel van de gemeenschappelijke kerken in te winnen en op te volgen.
        • Daarop doelt ook het woord advies in onze kerkenordening. Wanneer in onze kerkenordening staat, dat de plaatselijke kerk in bepaalde gevallen met het advies der meerdere vergadering heeft te handelen, dan wil dat niet zeggen, dat zij geheel vrij is het advies al of niet op te volgen. Integendeel. Het woord advies beteekent raad of oordeel, en de kerkenordening bedoelt, dat wanneer het inwinnen van het advies is voorgeschreven, n.l. in de art. 4, 5, 14, 38, 47, 50, 75, 76, 79, de kerkeraad ook naar dat advies behoort te handelen. In vele gevallen blijkt duidelijk, dat in deze artikelen het advies beteekent: bewilliging, goedkeuring. Dat kan ook niet anders. De bepalingen, dat de kerkeraad „niet zonder advies der meerdere vergaderingen” mag handelen, zijn ingevoegd om misbruik en willekeur der plaatselijke kerken te voorkomen. Bij de tucht mag de kerkeraad een lid niet afsnijden dan met voorgaand advies van de classis. Deze bepaling is niet gemaakt om op de zelfstandigheid der plaatselijke kerk inbreuk te maken, maar om de eenheid en de goede orde in het kerkelijke leven te handhaven, en om te waken, dat van de tucht misbruik wordt gemaakt, en de rechten van de leden der kerk worden verzekerd. Eerst wanneer de classis een toestemmend advies geeft, kan de kerkeraad overgaan tot de tweede vermaning volgens art. 77, en tot de afsnijding volgens Art. 76.
        • Dit ligt in den aard der zaak. Wanneer een plaatselijke kerk in het verband der kerken treedt, dan ontvangt zij daarbij leiding en steun van de zusterkerken, maar zij onderwerpt zich ook aan de leiding der meerdere vergaderingen, en neemt op zich de verplichting om zich naar de meerdere vergaderingen te gedragen. Dit is niet het invoeren van eene hiërarchie in de kerk, maar een zich onderwerpen aan het juk van Christus en het zoeken van de handhaving van het recht Gods. Wanneer eene plaatselijke kerk de besluiten van eene meerdere vergadering naast zich neerlegde en niet wilde uitvoeren, dan breekt zij daardoor de eenheid en de orde. En als zij in zulk een geval niet kan aantoonen, dat de besluiten der meerdere vergaderingen in strijd zijn met Gods Woord en de ordening der kerken, dan pleegt zij revolutie en maakt zich der censuur waardig.
  • Treffende voorbeelde wat prof Bouwman dan aanstip van sulke sake wat die ampsdiens en die liturgie van alle kerke raak is die saak van die kiesreg van vroue (Generale Synode van Utrecht (1923, Art. 127) en die sing van gesange in die kerk (Utrecht 1923, bl. 230).
  • Ter samevatting kan van hierdie inperking en die eerste opmerklike verskil tussen die Art 30 van Dordt 1619 vergeleke met die van die GKSA 2000 gestel word, dat dit by Dordt se Art 30 die bedoeling is dat die meerdere vergaderings daarvoor moet waak om nie sake van deurlopende, aaneenlopende sorg en permanent gevestigde maatreëls wat wesentlik by die plaaslike kerkraad met die hulp en advies van die Klassis hoort uit die hande van die kerkraad mag neem nie.  Alleenlik sake wat die korrekte (a) verstaan van die Skrif, (b) ons gemeenskaplike belydenis van die inhoud van die Skrif en (c) die algemene goeie orde en kerkregering van alle kerke in gehoorsaamheid aan die Woord van God aangaan soos wat dit die kenmerke van die ware kerk bestendig in haar (a) suiwer Woordverkondiging,  (b) suiwer diens, liturgie en Sakramentsgebruik en (c) die Bybelse tugbediening en kerkregering hoort by die sake wat al die kerke raak en by die meerdere vergaderings behandel moet word. Dit sluit dan ook sake in waarin die advies van meerdere vergaderings gevra word asook sake van beweerde onreg waarvoor diegene hulle op die uitspraak van die meerdere vergaderings beroep.  Indien hierdie reël noukeurig en behoedsaam gevolg word,  behoort die Agendas en Notules van sinodes dramaties kleiner in omvang te wees as wat dit die laaste dekades by die GKSA se sinodes die geval is.

2.1.2 Die tweede opmerklike verskil tussen Dordt 1619 en die GKSA 2000 is in Artikel 31 waar Dordt aangaande die agenda en besluitneming voorsiening maak vir ‘n uitsonderlike saak en vir die saak ook ‘n uitsonderlike metode van besluitneming vasstel, terwyl die bewoording van die GKSA hierdie uitsonderlike reëling as die gewone gebruik vir alle sake gebruik.

Baie is geskryf oor die rol wat art 31 KO inneem by die bepaling van kerklike besluite.  Hierdie prominensie wat aan art 31 gegee is,  het veral in die nadere kerkgeskiedenis nà die vasstelling van die kerkorde by Dordt 1618-19 plaasgevind soos ons dit waarneem in die geskiedenis van die Afscheiding, die geskiedenis van die Doleansie,  asook baie prominent in die geskiedenis van die Vrijmaking.  Wat waargeneem word,  is dat wanneer die kerke in hulle sinodale magstrukture ook mag-honger raak om die kerke binne ‘n bepaalde verband tot ‘n eenheid in praktyk asook in denke te dwing,  en hulle maak nie genoegsaam tyd en geleentheid om kontroversiele sake op die vlakke van die Bybel-eksegese en Hermeneuse uit te worstel nie,  dan gryp hulle dikwels na ‘maklike’ uitkomste.

  • Die eerste van sodanige vergrype na ‘n maklike uitkoms het plaasgevind toe die kerke voor die Middeleeue tot die gevolgtrekking gekom het dat die Biskop wat in Rome gesetel is, die mees prominente Biskop is, en dat wanneer Rome gespreek het,  die saak afgehandel is.
  • Die teenoorstaande vergryp vind plaas wanneer die kerke moeg en lam raak vir die argumentasie van teenoorstaande argumente en dan ‘n besluit oor die bepaalde saak afdwing by wyse van stemming, en dan aanvaar hulle dat die uitslag van sodanige stemming by wyse van die keuse van die meerderheid stemme – ook as die uitslag van die saak geneem word.

Dit is in laasgenoemde geval dat art 31 KO buite sy konteks en bedoeling as handvatsel deur die kerke vóór die Afskeiding (1834), vóór die Doleansie (1889) as ook vóór die Vrymaking (1945) gebruik is.  Die meeste prominensie rakende die funksie van art 31 in die bepaling van hoe kerklike besluite geneem word, het egter na vore gekom in aanloop tot die Vrymaking en die nadere stryd na afloop van van die Vrymaking. Ons lees byvoorbeeld reeds hoedat Prof Bouwman die besluitnemingsproses in 1934, deel II p 54 beskrywe:  “Hoe moeten dan de besluiten eener kerkelijke vergadering genomen worden?

Art. 31 zegt: „’t geen door de meeste stemmen goedgevonden is, zal voor vast en bondig gehouden worden”. De meerderheid beslist. Dit beginsel werd reeds in 1571 vastgesteld. In c. III, Art. 3 werd bepaald: De president zal elke zaak bijzonder ordentelijk voorstellen, en der gansche verzamelinge oordeel, daar op behoorende, en die keurstemmen verzamelen, met verklaringe welke het gevoelen zij van den meesten en van den besten deele; hetzelve zal de Schryver schriftelijk vervatten, en vervat hebbende, klaarlyk lezen, opdat het met genieene bewilliging bestendigt worde.” De zaak werd dus eerst in discussie gebracht, daarop werd gestemd, de meerderheid gaf de beslissing en de minderheid legde er zich bij neer, zoodat aan het slot van het artikel kan gezegd worden, dat het besluit met algemeene stemmen was aangenomen (Lat. ut omnium calculis probetur). Ook de synode van Dordrecht (1578, Art. 23) sprak dezelfde gedachte uit: „In allen saken (die altyts wtghenomen van denwelcken wy een wtghedruckt woordt Godts hebben) als de stemmen neerstichlick sullen gheweghen syn salmen blyuen by het aduys der meesten stemmen om daerna te besluyten, het welcke besluyt een yeghelick schuldich sal syn na te koemen.” De gewoonte, die in de Provinciale en in de Algemeene Staten heerschte, nam men over. Men wilde de minderheid niet overstemmen. Indien een minderheid tegen een voorstel gestemd had, trachtte men die minderheid te bewegen, zich naar het gevoelen der meerderheid te conformeeren. Het woord conformeeren is afgeleid van het Latijnsche conformare, dat beteekent: vormen, overeenkomen, schikken. Zich conformeeren beteekent: zich voegen naar iemands gevoelen, naar het besluit van eene vergadering, zulk een besluit goedvinden en zich daarnaar gedragen.”

Voorgangers van die Vrymaking  – aan die ander kant – het dit ook dikwels in hulle geskrifte laat blyk dat die Sinodale kerke die betekenis van art 31 misplaas het en administratief-dwingend misbruik het.  Dan lees ons ook in hulle geskrifte hoedat hulle Art 31 eksegeties analiseer en uitwys hoedat die Sinodale kerke dit toegepas het asof kerklike besluite wat met meerderheidstem geneem is vas en bindend bly ’totdat’ die teendeel daarvan bewys is,  terwyl die Vrygemaaktes betoog het dat sulke besluite eintlik slegs vir vas en bindend geneem kan word ‘tensy’ die teendeel daarvan bewys is.  Op grond van laasgenoemde argument het die Vrygemaakte kerke dan ook die praktyk van ‘ratifikasie’ ingebring waar kerke die besluite van meerdere vergaderings ter tafel neem en beoordeel en besluit of hulle dit aanvaar of verwerp.

Baie vereenvoudig geneem, kan uit hierdie praktyk raakgesien word, nie alleen

  • (fout 1) watter prominente rol art 31 KO in die argumentasie ingeneem het nie, maar
  • (fout 2) ook dat die beswaardes dikwels die geldigheid van diesodanige rol van art 31 KO in die diskussie aanvaar het en net anders toegepas het, maar veral
  • (fout 3) dat al die debattering oor die saak waarskynlik ‘n totaal verkeerde plek en funksie aan art 31 in die diskussie toegeken het en dat eerder ‘n ander roete gevolg moes gewees het.

Wanneer Art 31 KO in sy oorspronklike redaksie gelees word, blyk dit dat die artikel met sy skerp inleidende situasietekening:”indien iemand meen om deur ‘n mindere vergadering verongelyk te geword het”….dan sal die volgende reeling geld…   nie bedoel is vir die gewone besluite van ‘n sinode nie,  maar slegs vir appèlsake.

Die unieke uitsonderingsituasie:

Art 31 KO is egter bloot bedoel om die unieke uitsonderingsituasie te beskrywe van wat reeds in art 30 as die algemene grondreël van orde beskryf staan…   Amper soos in ‘n scenario wat ons dikwels kry ook in die Wetboek van Deuteronomium waar die reël en toepassing van ‘n bepaalde gebod vasgestel word,  en daarna ‘n aantal praktiese situasies wat vra om uitsondering of aangepaste toepassing van die reël.  So is dit ook wanneer ons die gedagtegang van die Dordtse vaders volg vanaf KO art 30 na art 31.

  • Prof Rutgers, leerling en beste kenner van Voetius, skryf in sy kommentaar: Bespreking der hoofdpunten van het Kerkrecht naar aanleiding van de Dordtsche Kerkenorde (1892) by art 31: onder die opskrif “Appel” –  die volgende: “ 31 geeft de behandeling van een bepaald punt (onderstreping HLJM),  dat aan de meerdere vergaderingen opgedragen is nl. de beslissing van hooger beroep.”
  • Prof Bouwman in sy Gereformeerd Kerkrecht deel II (1934, p 35) stel onder die tema van die kerklike wyse waarop art 30 KO aanspraak maak ook hoedat daarna in Art 31 op ‘n spesifieke saak wys waarvoor art 31 voorsiening maak: “In het tweede geval kan eene zaak op eene meerdere vergadering komen, wanneer er oneenigheid in eene kerk is, wanneer de kerkeraad zelf niet in staat is het geschil op te lossen, en leden der kerk klagen bij de meerdere vergadering over hun gedaan onrecht, of van de meerdere vergadering vragen aan de wanorde en den verkeerden toestand een einde te maken. Geen enkele kerk heeft het recht de bevoegdheid van eene meerdere vergadering om zulke klachten te onderzoeken en te trach­ten de verkeerdheden in eene plaatselijke kerk uit den weg te ruimen te ontkennen, wijl deze klachten, wanneer zij de leer of de rechte in­stelling der kerken betreffen, samenhangen met wat tot de kerken in meerdere vergaderingen behoort, of in elk geval vallen onder het recht van appèl, waarover Art. 31 der K.O. Handelt.”

In ‘n sekere sin neem art 30 KO dus ‘n  sentrale posisie in die hele Kerkorde in,  en tereg so..   ‘n Vinnige oorsigtelike lees van art 30 sal mens dadelik laat besef: Kerklike besluite moet altyd beantwoord aan die eerste grondbeginsel,  naamlik die Sola Scriptura beginsel.

Dit is inderdaad ‘n sinodokratiese magspel wat plaasvind wanneer kerklike vergaderings op sterkte van uitgesoekte kerkorde-artikels – en erger, net sekere frases daarvan – administratisme pleeg en op meerderheid van stemme soos ‘n karate-akrobaat besluite kap en chop. Te maklik word daar twee belangrike verstaansbeginsels van die kerkorde uitgeskuif: (1) Die kerkorde wil as ‘n eenheid gelees word om praktiese kerklike werking te verleen aan ons Belydenis, soos die Belydenis in die geldige eksegese van die Skrif gegrond is, (2) as mens vir jou toepassing by kerkorde-artikels nie die vasgrype aan die Belydenis asook die begronding van die Skrif herken nie – dan is die kans baie waarskynlik dat jy die kerkorde self nie begryp nie en dit strydig sy eie oogmerke in praktyk bring.

En presies dit is die probleem wanneer kerklike vergaderings slegs die pragmatiese meerderheidstem waarvan art 31 KO praat in isolasie op alle besluite toepas.  Die oorspronklike artikel 31 van die Dordtse Kerkorde het eintlik oor appèlreg gehandel en hoe beslissings in appèlle gemaak word. Prof Spoelstra het al by verskeie geleenthede sy spyt en verleentheid uitgespreek oor die redaksionele wysiging wat deputate waarvan hy destyds deel was by die betrokke artikel aangebring het. Nà hierdie wysigings het die artikel ook inderdaad geklink asof dit poog om vir alle kerklike besluite te geld.  Maar dit was strydig die bedoeling met die geboorte daarvan in die eerste plek. Die besluitneming en gesag van enige kerklike besluite word eintlik deur artt 30 en 46 maar dan ook die hele 2e afdeling van die kerkorde bepaal en uitgewerk. (daar is sommer baie aanvullende aspekte relevant vir die proses en gesag asook die afloop van besluite van kerklike vergaderings).Dit is uit die geskiedenis van die kerkreg van die patristiek en die Reformasie bekend dat besluite in sake by Sinodes na beredenering vanuit die Skrif en Belydenis met algemene instemming en gehoorsaamheid aan die Skrif geneem is. “De Gereformeerden waren overtuigd, dat de beginselen hunner kerkenordening in de H. Schrift gegrond waren. Calvijn begint in het vierde boek zijner Institutie, dat handelt over de kerk en hare inrichting, het derde hoofdstuk met deze woorden: „Nu moeten wij spreken van de orde, waarnaar de Heere wil dat zijn kerk geregeerd wordt”, en spreekt voorts van „de wijze der kerkregeering, welke God in Zijn Woord heeft gesteld” (3.3). In het begin van de Ordonnances Ecclésiastiques van Genève (1541) wordt gezegd, dat de Heere de geestelijke regeering ingesteld heeft in Zijn Woord, en de Confessio Gallicana (Art. 25) belijdt: Nous croyons que l’ordre de l’Eglise, qui a esté establi en son authorité, doit estre sacré et inviolable, terwijl de Nederlandsche Geloofsbelijdenis hiermede bijna woordelijk overeenkomt, dat „de ware kerk geregeld moet worden naar de geestelijke politie, die ons de Heere heeft geleerd in Zijn Woord.” (Art. 30). (Bouwman 1934, deel II, p 53).   Die besluite – waarvan ons die belangrikstes as neerslag in die Belydenisgeskrifte sien – toon vanuit hulleself aan hoedat hulle die Skrif naspreek. Dit is ook hoe dit hoort!  Die besluite moet vanuit hulleself getuig hoedat hulle aan die Skrif gehoorsaam is. Dan is dit soveel makliker om daarteen beswaar te kan maak indien die besluite strydig met die Skrif is.

Die 4 dele van die kerkorde is bedoel om (a) in samehang met mekaar, (b) in onderlinge afhanklikheid van mekaar en (c) sonder onderlinge teenstrydigheid verstaan te word. Daarby moet ook in ag geneem word dat dieselfde sinode waarvan ons die redaksie van kerkorde toege-eien het (Dordt 1618-19) óóK die 3 Formuliere van Enigheid as ons belydenis identifiseer en omhels het (die laaste een daarvan self geproduseer het) terwyl dieselfde sinode ook die ‘Statenvertaling’ van die Bybel geloods het. Hierdie ‘vrugte’ van die sinode van Dordt 1618-19 gee vir ons ‘n unieke prentjie van watter sóórt sake by ‘n kerklike vergadering tuishoort, hoedat besluite geneem word, watter begronding vir besluite geneem word, en watter gesag sulke besluite het. In al 4 die afdelings van die kerkorde, en meer spesifiek die 3e afdeling, kry ons ‘n baie goeie indruk van WAT die kerkrorde as gesagvol beskou en DAT kerklike besluite nie daarteen mag bots nie.

Art 30 (met sy kernagtigheid en al) stipuleer (1) die geaardheid, (2) die wyse asook (3) die gesag van sake waaroor kerklike vergaderings handel. Ons hoor die uitdrukking: (a) kerklike sake en ons hoor ook die uitdrukking:(b) kerklike wyse. Verder word nog nader gestipuleer dat (c) dit nie sake mag wees wat deur die mindere vergaderings afgehandel kan word nie en (d) dit wel sake moet wees wat daar tuishoort.

Met kerklike sake word baie pertinent sake bedoel wat nie die eintlike verantwoordelikheid van ‘ander’ instansies is nie – byvoorbeeld dat die kerk haar nie moet begewe om die sake van die owerheid te probeer behartig nie. Hierdie vraagstuk het al tot uitgebreide diskussie, dispute en stryd gelei. Sommige meen dat geen saak ‘onkerklik’ is nie terwyl ander meen dat slegs sake wat die leer en lewe van die kerk raak kerklike sake is. Ek gaan nie probeer waag om nou op hierdie miernes te trap nie.. dit kan ons jare besig hou.

Met kerklike wyse word pertinent bedoel dat die manier hoe die sake behandel en besluit word nie mag wees ooreenkomstig die tipiese maniere hoe daar in die ‘nie-kerklike’ lewe te werk gegaan word om sake te behandel nie. Dus: Nie ooreenkomstig die despotiese manier nie, ook nie die demokratiese manier nie, ook nie die menings-pyling manier nie, ook nie die indoktrinasie manier nie. Die korrekte manier waarvolgens die openbaringsgeskiedenis wys dat sake behandel moet word is soos ons by Moses en die Profete asook die Apostels geleer het, die Teokratiese,  die Christokratiese manier,  naamlik (a) deur noukeurig die Skrifte te bestudeer en nederig te luister wat God oor die bepaalde saak se en (b) in nederige gehoorsaamheid eenstemmig te buig onder die ‘antwoord’ wat God vanuit die Skrif gee. Prof Bouwman (1934: deel II, p 32-33) skryf: De wijze van behandeling der kerkelijke zaken moet kerkelijk zijn, d.w.z. zij moet zijn naar de regelen, die in het kerkelijke leven gelden, binnen de grenzen der kerkelijke macht en met geen andere dan kerkelijke middelen. Zooals de Nederl. Geloofsbelijdenis (Art. 5, 7) het uitspreekt, is Gods Woord regel van geloof en leven, en „mag men ook geener menschenschriften, hoe heilig zij geweest zijn, gelijkstellen met de Goddelijke Schrifturen, noch de gewoonte met de waarheid Gods, noch de groote menigte, noch de oudheid, noch de successie van tijden of personen, noch de conciliën, decreten of besluiten.”  Natuurlik het dit dikwels die effek dat ‘Skrifbevraagtekenaars’ wat teenwoordig is nie bereid is om te buig nie, of aan die ander kant kan dit gebeur dat ‘n hele vergadering die Skrif verkeerd verstaan.. en dit sal dan die gevolg he dat na so saak sonder eenstemmigheid bly (soos dikwels al gebeur het) dat daar ‘n ‘afskeiding’ plaasvind.

Dit mag nie sake wees wat deur mindere vergaderings afgehandel kan word nie. Die oue sinodes het gereken dat sake wat die ‘geloofsleer’ van alle gelowiges asook die ‘christusregering” van alle kerke raak die enigste en genoegsame sake is waaroor daar ‘standaardisering’ hoef plaas te vind met behulp van ‘n sinode. Daarom het ons by die oudste sinodes eintlik net 2 tipes produkte gekry, naamlik geloofsuitsprake en kerkorde. Preekroosters is ‘n saak van die plaaslike kerk, katkisasie is ‘n saak van die plaaslike kerk, jeugbediening is ‘n saak van die plaaslike kerk, opvoeding en onderrig is ‘n saak van die plaaslike kerk, skakeling met nie-kerklike instansies asook die owerheid is ‘n saak van die plaaslike kerk, opleiding van ampsdraers is ‘n saak van die plaaslike kerk, sending is ‘n saak van die plaaslike kerk… Bybelverspreiding is ‘n saak van die plaaslike kerk.  Wanneer sinodes vir al hierdie aangeleenthede sake op hulle agenda neem en deputate aanstel en belastings invorder wat hierdie sake kontinuerend namens die kerke behartig.. maak hulle die kerke lui en afhanklik en onmondig en al hoe meer en meer slawe van die groot sisteem. Die geskiedenis het uitgewys dat sinodes saamgekom het wanneer die geloof deur dwaalleer bedreig is,  hetsy deur verwerping van God se Woord en aansluitend daarby deur ongeldige verstaan van God se Woord. So dan is dit nie juis nodig om uit gewoonte of bygelowigheid elke jaar saam te kom – bloot ter wille van die kontinuerende werkverslae van sinodale deputate nie, maar slegs wanneer ‘n kontroversiele ‘saak’ waarin daar geloofstryd voorkom tussen die kerke posvat en dit moet uit die Skrif aangespreek word. Wanneer die Here deur sy Woord gespreek het (en Hy het!) en die sinode die Woord betroubaar nagespreek het, is die saak afgehandel. Dan het die Heilige Gees gespreek en ons het gehoorsaam, buigend onder die spreke van die Gees, besluit.

Dit is dan die sentrale plek en bedoeling van art 30 KO vir alle kerklike besluite.  Maar dan is daar ook spesifieke tipe sake wat aan kerklike vergaderings opgelê word, wat vra vir ‘n meer genuanseerde toepassing van die beginsels van art 30,  en dit is waar art 31 KO in die prentjie kom.

Die uitsonderlike besluitnemingswyse:

Een so ‘n voorbeeld van sake wat nie deur ‘n mindere vergadering afgehandel kan word nie, is wanneer ‘n mindere vergadering op een of ander wyse in sy handelinge iemand vermoedelik veronreg het. Gewoonlik vind sodanige gevoel van verontregting meestal slegs by tug-gevalle plaas waar ‘n mindere vergadering iemand oor sy/haar leer of gedrag vermaan/ veroordeel/ uitgesluit/ afgewys het. In die optrede van die mindere vergadering het die mindere vergadering per implikasie reeds in die saak regsbeslissend gehandel en kan nie meer verder alleen daarmee handel sonder om regter in sy eie saak te word nie. Daarom het die vadere dit goedgedink om in art 31 hiervoor voorsiening te maak, dat wanneer iemand meen om verontreg te wees deur ‘n mindere vergadering, so-iemand hom op ‘n meerdere vergadering mag beroep. In so ‘n geval waar iemand in terme van art 31 hom op ‘n meerdere vergadering beroep gaan dit dus nie meer oor die vraag wat die Skrif oor die en daai geloofsvraagstuk of ordevraagstuk leer nie, maar of die mindere vergadering in sy optrede teen ‘n bepaalde persoon in stryd gehandel het met wat ons reeds aanvaar die Skrif leer oor die geloof en orde. Daarom word in die proses om uit die gebeure by die mindere vergadering die feite te analiseer en te toets teenoor die argumente van die ‘verontregte’, bepaal of onreg plaasgevind het al dan nie. Na bevinding van sake word daar dan by wyse van meerderheidstem bepaal of onreg plaasgevind het al dan nie.. en daar word afgespreek dat so ‘n beslissing (reg-versus-onreg) as vas en bindend geneem ‘sal’ word. Dit moet dus verstaan word dat art 31 in besonder verwoord staan om te handel met appèlsake en mag nie misbruik word om sito-sito die besluit-orde oor alle sake te dikteer nie. In besonder is dit totaal ondenkbaar dat sake waaroor Die Here uitdruklik uitspraak in sy Woord gee aan die meerderheidstem van ‘n menslike vergadering onderwerp kan word. Wanneer art 31 orden in verband met wat op kerklike vergadering met meerderheid van stem besluit is,  verwys dit baie pertinent na die daardie sake wat in die situasietekening in die inleiding van die artikel (in sy oorspronklike redaksie van 1618-19) gestel is,  naamlik wanneer iemand deur ‘n mindere vergadering verongelyk is mag hy hom op ‘n meerdere vergadering beroep.  –  dit is daardie sake waaroor met meerderheid van stemme beslis word.  Dit vereis geen geniale taalvaardigheid en kennis van sintaksis om hierdie saak in art 31 KO raak te sien nie.

In aansluiting by artt 30 en 31, is daar ook art 46 KO.  Art 46 reel dat sake wat afgehandel is nie weer behandel word nie, tensy die neccessitas daarvoor aangedui word. Die aanvaarding agter die betrokke artikel is dat reeds bestaande besluite inderdaad aan die eis van gehoorsaamheid aan die Skrif voldoen en moet voldoen. Die aanvaarding is verder dat wanneer ‘n besluit reeds aan die gehoorsaamheidseis voldoen, dit nie weer en weer geneem hoef te word nie, aangesien God se Woord asook ons gehoorsaamheid daaraan nie oor en oor vasgestel hoef te word nie. Dit mag egter gebeur (a) dat ‘n besluit weens redes nie die Skrif gehoorsaam naspreek nie of (b) nie volledig is nie of (c) veranderde data bygewerk moet word of (d) enige kombinasies van voorgaandes. Dan is dit noodsaaklik om weer daarna te kyk aangesien dit die grondbeginsel is wat dikteer dat besluite in gehoorsaamheid aan die Skrif moet wees.

Ten slotte oor die tweede opmerklike verskil tussen Dordt en die GKSA

My voorstel sal wees (a) dat alleen sake wat die geloof van alle gelowiges en die orde van alle kerke raak waaroor daar gevaar van dwaling heers op meerdere vergaderings toegelaat word, (b) dat besluite van meerdere vergaderings sal bestaan uit ‘naspreke van die Skrif’ (homologia-ons bely in gehoorsaamheid aan God ooreenkomstig sy Woord:) en niks meer of minder nie, (c) dat vir regsake (appelle) die oorspronklike bewoording van art 31 aangeneem word en slegs vir tug-gevalle gebruik word.
 

 

 

 

3 Kommentaar

  1. […] van die verval van Christus regering in die kerklike vergaderings binne die GKSA identifiseer as “die ongelukkige sinodebesluit in 1964 waar die Dordse Kerkorde art 31 gewysig is”.  Prof. Bouke Spoelstra het twee artikels hieroor in die Kerkblad geplaas (November 2007, Bl 29 […]

  2. […] Waar die GKSA die pad van Dordrecht verlaat het (130 sigte) […]

  3. […] Waar die GKSA die pad van Dordrecht verlaat het                                                 18    160 […]

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.